Die Bedevaartweb Kollumn

Oor een maand is dit so ..... die tweejarig bestaan van die Bedevaartweb. In hierdie twee jaar het ons amper 50.000 mense gehad wat ons webblad  besoek het, en ons het dit reg gekry om dié grootste webwerf te word wat handel oor Mariaverskynings, bedevaartsplekke, reise, religieuse artikels ens. Dit is 'n teken dat die geloof leef....ondanks die berigte dat die kerke leeg loop. Om mense wat nie beskik oor 'n internetkonneksie nie, op hoogte te hou van ons aktiwiteite, gaan daar in Augustus ons pragtige tydskrif "de moderne pelgrim"(vandag se pelgrim) uitgebring word, met 'n groot verskeidenheid van artikels wat nie alles op die webblad gepubliseer gaan word nie.

Ons kan terug kyk na twee fantastiese jare en ons is baie trots en bevoorreg dat U saam met ons die Bedevaartweb gemaak het soos dit nou is........díe grootste webwerf omtrent Mariaverskynings en bedevaarte in Europa!

Ook buite Europa hou hulle baie van die bedevaartweb.  So het 'n kennis van ons gesoek vir informasie aan die universiteit van Haifa, die professor wat ons kennis gehelp het, het hom dadelik verwys na hierdie webwerf. Op die oomblik is ons baie besig met uitbreidings van ons databases wat in samewerking van die lesers baie gegroei het. In die tussentyd, het ons hulp gekry van 'n aantal vrywilligers wat ons help om hierdie webwerf te vertaal in ander tale soos: Engels, Frans en Portugees. Het jy dalk 'n uurtjie per week vry, ons sal jou hulp baie wardeer!

Soos U kan sien, gaan ons in die komende jaar baie besig wees, en ons hoop dat U weer 'n draai sal kom maak by hierdie webwerf, en U ideës en menings vir ons sal stuur per E-pos.

 

As U wil  reageer op hierdie artikel, dan kan U dit doen, in die FORUM sodat almal saam  kan gesels.


   TERUG NAAR BOVEN


 

Door Marion

 

 

 

Vertaling Sebastiaan