|

Onse Vrou van die Karmelberg
(Our Lady of mount Carmel)
Aylesford, Engeland (1251)
Die invloed van "Onse Liewe Vrou" op die ontwikkeling van die Christendom in Emgeland was baie groot. In die jaar 1251 het die Onse Liewe
Vrou aan Simon Stock (lid van die karmeliete-orde) verskyn.
Hy was oppad na die Heilige Land toe vir 'n bedevaartsreis.
Onse Liewe Vrou het vir Simon Stock die "Bruin Skapulier" gegee. ('n Stuk stof wat uit twee dele bestaan met daarop 'n afbeelding van die
Onse Liewe Vrou van die Karmelberg. Daardie twee dele is aanmekaar vasgemaak met 'n koord. Die skapulier word oor die skouers gedra).
Maria het ook 'n boodskap vir hom gelos:
"My dierbare seun, ontvang hierdie skapulier vir jou orde. Hierdie is 'n teken en n voorreg vir jou en al die kinders van God,
wat my sal eer as Onse Liewe Vrou van die Karmelberg. Almal wat hierdie skapulier sal liefhê en vol geloof is, sal beskerm word teen die ewige vuur. Hierdie skapulier is 'n teken van redding en
beskerming in tye van gevaar. Hierdie is 'n pleitbesorger van die vrede en spesiale beskerming tot in alle ewigheid."
Na hierdie verskyning het Simon Stock begin om karmelietekommunes op te rig in die nabyheid van universiteite in Engeland, Frankryk en Italië.
'n Paar jaar na die verskyning het hy overste geword van sy orde.
Tot vir 'n rukkie gelede het hulle die bruin skapulier beskou as díe mees gebruikte religieuse simbole, vir beskerming, en as teken van
toegewydheid aan die missie van Maria (weergegee in haar laatste opgetekende woorde in die Bybel (Johannes 2:5).
|