Hierdie meldinge kom van oor die hele wêreld. So het daar in die jaar 1973 'n melding gekom uit Japan.
Op die 28ste Junie van die jaar 1973 het Suster Agnes Sasagawa saans op 'n besondere en onverklaarbare wyse, 'n pynlike wond, wat die vorm van 'n kruis gehad het,
aan die binnekant van haar linkerhand gekry. Hierdie wond het steeds weer terug gekom gedurende 'n paar weke. Sy het hierdie besondere gebeurtenis vertel vir die bisskop, wat vir 'n konvensie
in Atika was.
Die bisskop het vir haar opdrag gegee om daardie gebeurtenisse te registreer.
Een week na hierdie gebeurtenis het die beskerm-engel van Suster Agnes aan haar verskyn.
Die beskerm-engel het toe vir Suster Agnes na die Maria-beeld in die kapel gebring.
Die beeld het vir haar die volgende gesê:
"Moenie bang wees nie. Jy sal genees word. Wees geduldig. Hierdie is jou laatste beproeving.
Bid in stilte en eensaamheid vir al die mense. Al my dogters is baie dierbaar vir my".
'n Besondere feit is dat suster Agnes in die jaar wat vooraf gegaan het aan die eerste verskyning doof geword het.
Die jaar wat na die verskyning gekom het was sy genees van haar doofheid en het weer kan hoor.
Op 6 Julie het daar weer n wond verskyn in die vorm van 'n kruis, maar nie op suster Agnes haar hand nie...maar binnekant die regterhand van die Maria-beeld.
Daar het bloed uit daardie wond uit geloop. 3 weke later het die Maria-beeld selfs trane van bloed gehuil.
Die pyne het weer vir suster Agnes begin pla...en die pyn was ondraaglik.
Op 3 Augustus het suster Agnes 'n tweede boodskap gekry.
"Baie mense pynig "Onse Vader". Ek wens dat die siele Hom sal troos, sodat sy boosheid minder sal word. Ek wens saam met My
Seun dat die siele sal verbeter deur te ly in armoede vir die sondaars en die ondankbares. oordat die wêreld Sy boosheid sal leer ken, sal "Onse Vader" 'n suiwering en tug voorberei.
Saam met My Seun het ek voorspraak gehou en geprobeer om te bemiddel. Ek het geprobeer om Sy toorn te kalmeer deur die lydensweg van Sy Seun aan die kruis, Sy kostbare bloed en die dierbare
siele wat Hom troos sal gee. Die vormering van 'n groep van dierbare slagoffers (siele), gebede, boetedoening, en heldhaftige offers, sal die toorn van God kalmeer. Laat almal, na sy eie vermoë,
strewe na totale toewyding aan die "Hemelse Vader".
Die 13de Oktober, die verjaarsdag van die laatste verskyning in Fatima, het suster Agnes die laatste boodskap van Maria gekry.
"Soos ek alreeds gesê het, sal (wanneer die mense geen berou wys nie en hulle self nie sal verbeter nie) "Onse Vader" 'n
verskriklike tug afroep oor die gehele mensheid. Die straf wat wag sal groter wees as die sondevloed. Vuur sal uit die Hemel uitkom en 'n groot deel van die mensheid verwoes. Goeies en kwaaies
sal getref word. Die oorlewendes sal jaloers wees op die dooies.
Die enige wape wat daar sal wees is die Rosekrans en die teken wat my Seun vir die mense gelos het. Bid elke dag die Rosekrans. Bid vir die
Pous, die bisskoppe en die priesters. Die duiwel sal homself opwerk in die kerk tot op al die hoogtes range. Bisskoppe sal teenoor bisskoppe staan. Priesters wat my dierbaar is, sal in die
grond getrap word en bespot word deur hulle eie broeders. Kerke sal word ontheilig. Die kerk sal baie dwangbesluite neem waarvan die duiwel baie sal hou. Hy sal afdwing om die kerk en God te
verlaat. Veral die wat hulle siel vir God gegee het, sal gepla word deur demone. Hierdie gedagte maak my baie hartseer. As die sondes groter en meer word, sal die uitkoms nie gestop kan word
nie".
Die 22ste April van die jaar 1984 het hulle die boodskappe en verskyninge grondig getoets. Na die toetsing het die kerk sy goedkeuring gegee. Die egheid van die
trane is getoets en geakkodeer deur kardinaal Ratzinger.